symbolBraam Klopper Aanlyn Kalender Publikasie
find us
 

Let wel hierdie publikasie is bedoel vir beide, Diegene wat Rou sowel as Diegene wat ander wil bystaan in
hul Rou.

Wanneer woorde ONTBREEK
"Maar ek sal nie weet wat om te sê nie!"

Het dit al met jou gebeur dat iemand vir wie jy omgee, `n geliefde aan die dood afgestaan het? Jou eerste gedagte was: "Ek wil met hulle kontak maak." Was jou tweede gedagte dalk: "Maar ek sal nie weet wat om vir hulle te sê nie?".

As jy so voel, is hierdie gids vir jou bedoel. Om nie te weet wat om vir iemand te sê na die dood van `n geliefde nie, kan die heel beste beginpunt wees om te kan help! Selfs om nie `n enkele woord te sê nie, kan meer vertroostend wees as om verklarings en antwoorde te gee wat bedroefdes meer verwar as wat dit hul troos.

Deur mense in hul smart betekenisvol by te staan, doen jy aan hulle een van die wonderlikste dade wat hulle ooit sal beleef. Jy kan `n verskil maak aan hoe mense die proses van rou aanpak en deurwerk en aan hoe hulle "anderkant sal uitkom."

Hierdie gids sal jou met die volgende help:

  • Jy sal `n breё insig kry in die verloop van die proses van rou.
  • Jy sal kennis opdoen oor spesifieke routake wat bedroefdes moet deurwerk.
  • Jy kry praktiese riglyne oor hoe jy bedroefdes kan help om hierdie routake deur te werk.
  • Jy word bewus van die tipiese slaggate wat jy moet vermy.

Uitgewer is Lux Verbi. BM 2002

Die boek is nou weer in die handel beskikbaar. Prys: R190

BESTELLINGS
Bestellings kan geplaas word direk by Braam Klopper, per e-pos (info@braamklopper.co.za) of op die volgende telefoonnommer 082 574 3530.

Sluit asb. die volgende inligting by u bestelling in:
  • Naam en Van
  • Adres
  • Kwantiteit