symbolBraam Klopper Aanlyn Kalender Braam Klopper
find us

Braam is tans `n Leraar by die NG Kerk Kempton Park Oos.

Hy het reeds 22 jaar ervaring as Leraar. In die bediening fokus hy veral op aktuele prediking, pastoraat, die besoek en versorging van siekes en persone wat terminaal siek is.

Hy het `n besondere passie vir lering. Hy bied in hierdie verband graag lerings geleenthede asook Bybelskool geleenthede aan. Hy spits hom veral toe op verantwoordelike Skrifgebruik. Braam het hom ingegrawe op temas soos “Die Tien Gebooie” en “Wysheidsliteratuur”, veral Spreuke, Job en Prediker.

Braam glo baie sterk in die beginsel van “voorkoming is beter as genesing”, daarom bestee hy baie tyd en aandag aan Huweliksvoorbereiding. Hy bied gesprekke en werkswinkels aan vir voornemende egpare oor die volgende wesenlike aspekte van Huweliksvoorbereiding:

  • Persoonlikheidsverskille
  • Konflikhantering
  • Differensieëring van gesin van oorsprong
  • Die impak van kinders op die huwelik
  • Seksualiteit

Hy is beskikbaar vir die waarneem van preekbeurte en pinkster dienste.

Naas sy gemeentewerk doen hy ook berading as pastorale terapeut. Hierdie berading handel oor `n verskeidenheid van probleme, maar hy spits hom spesifiek toe op berading rondom die verwerking van rou.