symbolBraam Klopper Aanlyn Kalender Termes en Voorwaardes
find us
 

Termes en Voorwaardes van gebruik van die BraamKlopper Webwerf

Die gebruik van BraamKlopper webwerf deur enige gebruiker is totaal op eie risiko. BraamKlopper sal geen aanspreeklikheid of verantwoordelikheid aanvaar vir enige verlies of skade deur die gebruiker gelei na gebruik van die BraamKlopper webwerf nie.

BraamKlopper webwerf het alle moontlike sorg geneem om seker te maak dat die inhoud van, en inligting op die BraamKlopper webwerf korrek en akuraat is. Nogtans waarborg BraamKlopper nie dat die inhoud, of inligting bevat of ingesluit in die BraamKlopper webwerf heeltemal sonder enige fout is, of in alle aspekte akuraat is nie.

BraamKlopper webwerf aanvaar geen aanspreeklikheid of verantwoordelikheid van enige aard vir enige verlies of skade, direk of indirek, van watter aard ookal, vir enige persoon, vereniging, entiteit, liggaam of trust, as gevolg van die gebruik, toepassing, oordrag, interpretasie of vertroue op enige inhoud of inligting bevat in die BraamKlopper webwerf nie.

Gebruikers word ook spesifiek ingelig dat BraamKlopper webwerf die reg voorbehou om enige inligting te gebruik wat verkry is van `n gebruiker, deur die gebruik of toegang tot die BraamKlopper webwerf vir die doel van statistiek, navorsing, profiele, bemarking en ander kommersiële gebruike. BraamKlopper sal egter die privaatheid van die gebruiker respekteer, en alle inligting op hierdie manier ingesamel sal te alle tye hanteer word in lyn met die wêreldwye aanvaarde privaatheid prinsipe wat te make het met soortgelyke inligting.

BraamKlopper sal te alle tye die eienaar en besitter van enige intelektuele eiendomsreg bly, wat die kopiereg insluit betrekkend op die ontwerp, handelsmerk, kenteken, kenmerke, afbeeldings, teks inligting, bronkode en uitleg vervat in die BraamKlopper webwerf. BraamKlopper behou die reg om enige gebruik, verspreiding, kopie of uitsending van enige inhoud van die BraamKlopper webwerf te verbied, onderwerp aan enige terme wat BraamKlopper mag voorhou. Die kommersiële gebruik van die inhoud van die BraamKlopper webwerf deur enige derde party word uitdruklik verbied.

Elke keer as toegang tot die BraamKlopper webwerf verkry word en, of gebruik word deur `n gebruiker, is die bogenoemde terme en voorwaardes van gebruik van toepassing. Hierdie terme is egter nie van toepassing op enige geskakelde, verwante webwerwe nie, en BraamKlopper verskaf geen waarborge of magtiging in enige opsig van enige geskakelde, verwante webwerwe nie.