symbolBraam Klopper Aanlyn Kalender Na Selfmoord
find us
 
Gesprekke oor Rou
Na Selfmoord

Die onverstaanbaarheid van Selfmoord, sowel as die talle onbeantwoorde vrae en skuldgevoelens waarmee diegene wat agterbly worstel, word op `n sensitiewe maar baie reguit manier op hierdie CD aangespreek.

Hierdie CD is bedoel vir elkeen wat worstel met die rouproses nadat iemand wat hulle geken het of lief gehad het, selfmoord gepleeg het. Die onbeantwoorde vrae, die raaisels en die frustrasie waarmee mense worstel word behandel. Dit sal jou help om perspektief te kry te midde van `n warboel van gedagtes.

Die CD is ook bedoel vir diegene wat ander wil bystaan in hulle rouproses. Dit sal jou insig gee in die tipiese vrae en skuldgevoelens waarmee mense in hierdie situasie worstel.

Die gesprekke handel oor die volgende onderwerpe:

  • Hoe verskil die rouproses na selfmoord?
  • Frustrasie
  • Teenstrydige emosies
  • Die soeke na oorsake
  • Om te treur oor iemand se lewe
  • Skuldgevoelens
  • Die positiewe waarde van praat
  • Die terapeutiese waarde van briewe
  • Kan iemand wat selfmoord gepleeg het gered word?
  • Verdere hulp vir jou rouproses


Terug »