symbolBraam Klopper Aanlyn Kalender Na die dood van `n Kind
find us
 
Gesprekke oor Rou
Na die dood van `n kind

Die dood van `n kind is die moeilikste verlies om te hanteer. Die uniekheid en andersheid van die rouproses na die dood van `n kind word hier in diepte behandel.

Dit is geskik vir almal wat self `n kind aan die dood afgestaan het, sowel as vir diegene wat net meer wil verstaan van die rouproses waardeur ouers gaan na die dood van `n kind. Dit sal jou `n baie beter begrip en insig gee in hoe dié rouproses verskil. Sodoende sal dit jou in staat stel om ouers wat treur baie beter en meer sinvol by te staan.

Die gesprekke handel oor die volgende onderwerpe:

  • Is rou na `n kind se dood anders? Hoe? Waarom?
  • Die rol van ander mense in jou rou.
  • Mense sê: "Julle kan darem bly wees …"
  • Mense praat "namens God".
  • Jou eie verhouding met God.
  • Mense vra: "Hoe gaan dit met jou?"
  • Implikasies van jou rou op jou ander kinders.
  • Gedagtenisviering
  • Mense rou verskillend
  • Skuldgevoelens
  • Praktiese wenke


Terug »